Season 1 (Maart-April 2021)
Welkom by die eerste reeks van Boer Soek ‘n Maplotter, ‘n skepping uit ‘n live chat nonsenspraat sessie.
So vir die wat wil weet wat om te doen:
- Dit is net vir die grap.
- Daar is ‘n prys, maar moet nie worry nie – dit is nie regtig a dating show nie. Dit voel net soos een.
- Ons het 3 kategoriee
Boer (Inskrywings moet he #maplotter en #boer)
Aanbieders (Inskrywings moet he #maplotter een #presenter) GESLUIT. Uitsonderings sal gemaak word op versoek, maar laat enskrywings word nie vir die prys in ag geneem nie.
Maplotters (Inskrywings moet he #maplotter #maplotter) - Die video is jou inskrywing. Wees so kreatief as moontlik.
- TikTok Views gaan bepaal wie se video bo aan die lys is. Ons stel voor jy deel jou inskrywingsvideo met soveel mense moontlik.
- Onthou om #maplotter in die video comments te sit.
- He pret!
PAASHAAS
Dit is paasfees. Dit beteken dat ons inskrywings in alle kategoriee weer sal toelaat – INDIEN daar ‘n paashaas in jou video is.
Storie Idees:
- ‘n Maplotter sien die boer, en vat die hasepad.
- Die boer sien die maplotter, en vat die hasepad.
- Maplotter ontmasker die paashaas. Hier stel ons voor dat julle die paashaas filter gebruik (Easter Bunny Filter).
Maar dit beteken dat die kompetisie nou vinnig tot ‘n einde kom. So drop jou video hierdie naweek.
Onthou om #maplotter in die comment te laat. Daar is ‘n Doos wit Wyn op die spel.
AANBIEDERS – INSKRYWINGS NOU OOP
Drop jou Aanbieder video deur die volgende Intro en Vrae te stel. Jou video sal met Maplotters geheel word om te antwoord in a “Stitch”. Onthou om net die “Stitch” edit funksie te gebruik.
- Welkom by Boer Soek ‘n Maplotter. In hierdie episode leer ons nog een van ons Maplotters beter ken.
- Vraag: Maplotter, hoekom het jy ingeskry?
- Vraag: Maplotter, wat maak jou ‘n regte maplotter?
- Vraag: Gee ons jou Boer ‘n wenk oor jou persoonlikheid…
ONTHOU om vir julle gunsteling te aanbieder te stem. Die meeste video views wen.
Wie is die boere?
Aubrey Baardman:
Wenner Video:
Oom Kallie
Meer inligting kan bekom word deur Morne of Zelda te skakel op 011 718 2600. Stuur asb jou details per epos aan zelda@space.tm.
OK – AS JULLE TOT HIER GELEES HET – GAAN JULLE KAN HELP:
Hier is ‘n link van ‘n gelekte episode. In die media wereld gebeur dit soms dat ‘n episode nog verpak word, en dan deur die vervaardigers of kanaal afgekeur word. Soms glip die uit.
Hierdie episode is ge-“cancel” oor Oom Kallie eerder op 7de Laan wil verskyn. Genade. Daar is ‘n lyn 🙂
(Deel met gerus op julle TikTok Rekeninge)